Boek: Dit vat guts

dit vat guts

Annelie Ferreira

‘n Aangrypende, insigryke en eerlike verhaal van ‘n tiener wat worstel met haar pa se kanker en sy uiteindelike dood – terwyl die lewe vir haar en haar gesin moet aangaan. Die boek gaan oor die dood, maar veel meer oor die lewe, drome, verliefraak, engele, en ‘n perd genaamd Harry.

Emosies soos woede, hoop, onderhandeling, vertwyfeling, verdriet en uiteindelik aanvaarding en heling is wat Mia moet hanteer. Dis ‘n besonderse storie wat nooit preek of soetsappig is nie, inteendeel, dit bevraagteken eerder as om neerbuigend te wees. ‘n Verfrissende tienerverhaal.

Oor die outeur:
Na ‘n BA en diploma in vertaling aan die Universiteit van Stellenbosch het Annelie as taalpraktisyn en subredakteur by Sanlam se Taaldienskantoor en Human & Rousseau-Uitgewers gewerk. Daarna volg deeltydse- en vryskutwerk vir ‘n verskeidenheid uitgewers en publikasies. Sy publiseer ‘n aantal nie-fiksieboeke, onder andere Daar’s ‘n mens binne, Die dag toe ons God gevang het en Eva ontmoet Einstein, asook ‘n roman, Hoekom honde nie kan sing nie. Sy was die samesteller van Paaie, ‘n boek oor verskillende godsdiensperspektiewe. Sy is getroud, met twee dogters, en bly tans in Bristol, Engeland, waar haar man as aktuaris werk. Sy reis gereeld terug na hulle huis in Durbanville. Haar jeugroman Tot siens, Koning Arthur, word bekroon met die Goue Wenner: Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2012 en die M.E.R.-prys vir jeugroman in 2013.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R135-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.