Boek: Dit was nie ek nie!

dit was nie ek nie

Chris Chameleon en Salemien Grobbelaar

In Afrika skyn die son elke dag vuurwarm. Dit is waarom Gaffie die kameelperd, Ronnie die renoster en Annabella die volstruis graag op die miershoop in die skaduwee van die doringboom wil gaan rus. Maar net wanneer hulle lekker sit, hoor hulle ‘n BAIE onbeskofte geluid . . . “Prrrrrrrr”!

“Dit was nie EK nie! ” protesteer hulle, die een meer verleë as die ander. En elke keer lag die apies “tjakka tjakka tjakka” in die boom. Totdat Annabella die volstruis die “onbeskofte” dier ontmasker: dit is maar net Len die luiperd wat heerlik agter die miershoop lê en snork!

Ouderdom: 3 – 6 jaar

Dit was nie ek nie! is ook op NB Uitgewers se Storierak beskikbaar op die Apple App Store en die Google Play Store. (Luister na ‘n uittreksel van die voorlesing onderaan die berig.)

Oor die outeur:
Chris Chameleon – vernuwend, prolifiek en eindeloos kreatief, het bekend geraak in Suid-Afrika, asook oorsee, as ʼn musikale fenomeen. Met ʼn eiesoortige styl, bekoorlike verhoogpersoonlikheid en ʼn reputasie om gehore met sy vier-oktaafstem en stemtoertjies te betower, het sy uitsonderlike talent hom uitstekende resensies en vele toekennings besorg oor die afgelope agt jaar. Toekennings sluit twee Suid-Afrikaanse Musiektoekennings (SAMA’s) en ʼn Erepenning van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in. Hierdie is sy eerste prenteboek.

Salemien Grobbelaar is ʼn Suid-Afrikaner wat tans in Rotterdam woon en werk, en is ʼn jarelange vriendin van die skrywer. Dit was nie ek nie! is ook haar eerste boek.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R140-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.