Boek: Doendinge vir elke dag van die jaar

Fanie Viljoen

Die boek bied hope aktiwiteite vir enigiemand wat besig wil bly. Dit is geskik vir ouers wat hul kinders besig en weg van skerms af wil hou, oupas en oumas wat saam met hul kleinkinders pret wil hê tydens vakansies, onderwysers wat iets lekkers soek om met hul klasse te doen én veral vir kinders wat eenvoudig net iets soek om te doen.

Doendinge vir elke dag van die jaar bevat ’n verskeidenheid idees vir kunsprojekte, speletjies en eksperimente, asook wenke om alleen besig te bly of iets saam met vriende te doen.

Elke aktiwiteit het ’n boksie om af te merk en ’n plek om die datum, waarop dit voltooi is, in te vul. Die meeste idees kan oor en oor gebruik word!

Dié boek is ideaal vir grondslagfaseonderwysers wat graad R-leerders besig wil hou.

Genre: Aktiwiteitsboek
Ouderdom: Sewe en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R90,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.