Boek: Donderslag

Donderslag.jpgWilbur Smith

Wanneer Sean Courtney, die held van Witwatersrand, van ’n lang jagtog af terugkom, loop hy hom vas in die geweld van die Anglo-Boereoorlog, sy broer Garrick se afgunstige haat, ’n volgende geslag Courtneys, en – bowenal – Ruth Friedman.

Ruth slaan sy voete skoon onder hom uit. Vurig, mooi en . . . ’n ander man se vrou. Boonop raak haar man Sean se boesemvriend en beskermling in die oorlog! Die magte van die noodlot voer Sean telkens van hoop tot wanhoop; van glorie na verslaentheid. Deur elke uitdaging dra sy selfgeloof, sy krag en sy ysere wil hom.

Met ’n paar perfek geplaaste karakters, neem Wilbur Smith die leser meesterlik tot midde-in die Anglo-Boereoorlog se aksie, van beroemde gevegte tot kleiner skermutselings. Teen die agtergrond van hierdie groot stryd tussen volke, voer Sean ’n persoonlike stryd om oorlewing, om ’n toekoms vir hom en sy familie te bou, en om geluk te vind saam met die vrou vir wie hy lief is.

Donderslag is die Afrikaanse vertaling van The Sound of Thunder.

Oor die outeur

Wilbur Smith is in Zambië gebore en het aan Rhodes-Universiteit studeer. Hy het as rekenmeester gewerk, maar ’n heeltydse skrywer geword toe When the Lion Feeds (vertaal en uitgegee deur Kwela as Witwatersrand in 2014) in 1964 gepubliseer is. Hy het meer as 30 topverkopers geskryf waarvan altesaam meer as 120 miljoen kopieë wêreldwyd verkoop is.

Uitgewer: Queillerie
Prys: R260,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.