Boek: ‘Donkerbloed’ – Elrien Scheepers

Elrien Scheepers

Dit is die jaar 2045 in die stad Etswagoli. Sybella ondersoek die raaisel om haar ma en suster se dood in ʼn lugtaxi-ongeluk wanneer haar pad met Yala, ʼn onwettige hokvegter, kruis. Maar waarom is die kuborg, Cedric Morton, op haar spoor? En wat is sy verbintenis met Lilith Rox, die direkteur van Biotron Babas, ʼn maatskappy wat geneties gemodifiseerde babas aan die ryk elite verskaf? Haar vriend Jax is veronderstel om haar te help soek, maar skielik verdwyn hy ook spoorloos …  Die polisie stel lankal nie meer belang om uit te vind wat regtig daardie middag gebeur het nie. Maar Sybella móét net weet. Wanneer sy Lilith Rox se werksaanbod aanvaar, raak sy betrokke by nóg donker geheime. Watter prys sal sy vir die waarheid moet betaal?
Donkerbloed deur Elrien Scheepers is geskik vir tieners tussen 12 en 14 jaar.

Oor die skrywer

Scheepers is in 1962 op Middelburg gebore en woon tans in Pretoria. Sy is ’n dosent in veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria. Haar eerste gedig “Ek droom oor jou”, het in 2010 in Toulopers verskyn. Daarna volg verskeie gedigte en kortverhale in skoleleesboeke en ook in die kortverhaalbundel Skool is ’n riller.

Prys: R190,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andrew ·

Jammer maar met die keuse van al die baie besonderse name lees dit vrek moeilik

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.