Boek: Doodsake op Karibib

Isa Konrad

Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling, weer krap waar daar ʼn lyk is.

Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee goed, nee drie:

–       Die lyk is oud. Dit gaan moeite kos om uit te vind wat aangaan.

–       Alet Gouws is terug in Karibib. Hoekom weet hy nie, maar hy is nie seker dat dit goeie nuus is nie.

–       Die hele polisiestasie weet skynbaar van sy en Alet se afskeidsoen …

Conrad weet nie wie se lyk dit is nie, maar hy is dankbaar dat dit ‘n geraamte is, ‘n doodloopsaak dus. Hy kan nie twee moorde in twee weke onder sy neus laat gebeur nie.

En boonop krap Alet se teenwoordigheid hom om. Hy het regtig gedink daardie soen was vaarwel. Sy is ʼn mooi vrou en Con se vorige huwelik het rampspoedige gevolge gehad …

Alet het per ongeluk ‘n getuie in sy vorige moordsaak geword. Namibië is nie haar wêreld nie, haar lewe en haar man is in Kaapstad.

Hoekom het sy skielik teruggekom Karibib toe? Alet het hom laat glo sy was op pad om van haar man te skei.

Intussen warm sy doodloopsaak op. Binnekort is hulle op soek na ‘n tweede lyk, en binne in sy eie lyf bewe die geraamtes in hulle kaste.

Oor die outeur

Isa Konrad het in Namibië grootgeword. Ná skool het sy Switserland toe geëmigreer. Sy het jare lank in Zürich gewoon, daar getrou en met ʼn gesin begin. Haar twee dogters is in 1995 en 1996 onderskeidelik gebore. In 2001 het die gesin Suid-Afrika toe geïmmigreer as gevolg van haar man se werk. Hulle het in Pretoria gewoon. Ná haar seun se geboorte in 2002 het Isa haar ingeskryf vir ʼn  kreatiewe skryfkursus. Dit het tot die publikasie van haar eerste romanse, Die langste nag, gelei. Daarna het sy nog sewe romanse geskryf. Ná agt jaar in Suid–Afrika is die gesin in September 2008 terug Switserland toe. Hulle woon tans in Solothurn, ʼn barokstad op die Aare-rivier, maar besit ook ʼn huis in die Penniniese Alpe naby die grens van die Italië. Isa verdeel haar tyd min of meer gelykop tussen dié twee woonplekke. Haar eerste spanningsroman, “Die ondenkbare”, het in 2010 verskyn.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R265,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.