Boek: Doodsbleek

Philip Kerr

In Doodsbleek moet die gesoute speurder Bernie Günther ʼn reeksmoordenaar vastrek wat paniek regoor Berlyn saai.

Dit is 1938 en Duitsland wag angstig op die bevindinge van die München-konferensie. Onsekerheid hang in die lug: Hitler kan Europa dalk in ʼn oorlog dompel. Vir Bernie is daar egter belangriker sake wat aandag verg. Hy ondersoek twee sake waar afpersing betrokke is: die een betrek ʼn ryk weduwee, en die ander, homself.

Terselfdertyd het dit op die lappe gekom dat die Kripo – Berlyn se misdaadpolisie – ʼn onskuldige Jood gearresteer het vir die reeks wrede moorde in die stad. En hoewel die Kripo dié keer alles sal doen om die regte moordenaar vas te trek, is hulle weereens nie verhewe bo afpersing en manipulasie nie. Omdat Bernie onlangs aangestel is as Kripo-kommissar, moet hy die raaisel oplos – ʼn ondersoek wat hom uiteindelik aan die heel donkerste kant van die menslike psige blootstel.

Hierdie vertaling van The Pale Criminal is die tweede boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, nou vir die eerste keer beskikbaar in Afrikaans. Die vertaling van die derde boek in die reeks, A German Requiem, verskyn in 2019.

Oor die outeur

Philip Kerr (1956–2018) was ʼn Britse skrywer wat wêreldwyd bekendheid verwerf het vir sy speurverhale. Hy het in 1980 ʼn meestersgraad in filosofie en die regte aan die Universiteit van Birmingham ontvang en het daarna meer as 30 boeke gepubliseer, waaronder veral historiese romans en misdaadfiksie. Sy Bernie Günther-romans speel af in Nazi-Duitsland. Hy is in Maart 2018 oorlede.

Vertaal deur die bekroonde Suid-Afrikaanse vertaler, roman- en kortverhaalskrywer Zirk van den Berg. Hy is die vertaler van Wilbur Smith se boeke in Afrikaans.

Uitgewer: Jonathan Ball Uitgewers
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.