Boek: Doodskoot

doodskootFrançois Bloemhof

Dit gaan nag raak in die Swartland… Paul Matthee het baie meer bagasie as die rugsak waarmee hy die land platloop. Daar is ’n aand, ’n uur in sy verlede waarvan hy nie kan ontsnap nie.

Langs die pad naby Riebeek-Kasteel help hy vir Bernard Ackerman, ’n ryk sakeman, om in gietende reën sy motor se gebarste band om te ruil. Ackerman bied hom skuilplek aan, maar Paul besef gou die weelderige wynlandgoed Welverdiend is geen veilige hawe nie – sy tyd daar begin meer voel soos een van daardie ou swart-en-wit-rolprente waarin ’n dodelike jong vrou se kop vol planne op ’n vreeslike einde kan afstuur.

Doodskoot is ’n boek vol versoeking, geheime, oëverblindery en konfrontasie deur ’n veteraan van die spanningsverhaal in Afrikaans. Die karakters is misterieus, die spanning loop hoog en die ruimte is beklemmend.

’n Film gebaseer op die boek, deur Deon Meyer vervaardig, verskyn saam met die boek.

Oor die outeur:
FranÇois Bloemhof skryf reeds 25 jaar lank vir volwassenes, tieners en kinders. Sy werk is met verskeie toekennings bekroon, onder meer De Kat-, FNB-, ATKV- en Sanlam-pryse. Hy raak die eerste skrywer om ’n roman te publiseer met ’n CD-klankbaan wat hy self gekomponeer het, gee die eerste boek met sy eie rekenaarspeletjie uit en publiseer die heel eerste Afrikaanse e-boek. Hy skryf ook vir film, TV, die verhoog en radio. Wanneer hy nie na vier veeleisende katte omsien nie, skryf hy voltyds. Doodskoot is sy 24ste roman vir volwassenes.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R220-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Koop die boek by Raru teen R174. (Let wel: Die boek is eers na verwagting vanaf 16 Augustus 2016 beskikbaar.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ELIZABETH ANNA SMITH ·

Waneer is boekke beskikbaar en waneer kan bestellings geplaas word is daar al n katelogus beskikbaar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.