Boek: ‘Draairivier’ – ’n deernisvolle verhaal oor familie, vriendskap en vergifnis

Engela Ovies

Dis die jaar 1955 en Suzanna Jansen woon saam met haar pa, ma en broer Gert in ’n riethuisie op ’n plaas naby Kakamas. Dis die Kersvakansie voor Sanna se laaste skooljaar en deesdae kry sy vlinders in haar maag elke keer as sy die buurseun, Johannes, in een van die veekampe raakloop. En dan is daar Inge wat soos die slapende skoonheid gevangene is in die Groothuis.

Engela Ovies se debuutroman, Draairivier, is ’n deernisvolle verhaal oor familie, vriendskap, liefde en vergifnis.

Oor die skrywer

Ovies is op 1 Julie 1968 gebore op Onseepkans, ʼn grenspos tussen Pofadder in die Noord-Kaap en Namibië. Sy het ook langs die Oranjerivier by St. Philomena skoolgegaan. In 2003 het sy na Noudonsies naby Augrabies verhuis waar sy tans saam met haar twee seuns, een dogter en twee kleinkinders woon.

Prys: R250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae