Boek: Draalnoot vir ‘n janfiskaal

draalnoot

Henry Jack Cloete

Vir die gebruikers van die webwerf Fermata.com is selfmoordvideo’s iets om gedeel en gevier te word – die mees egte ervaring wat hulle kan beleef, en ook wat hulle kan skep. Daniël Roberts, eienaar en bestuurder van dié besonder gewilde webwerf, verkoop dit ook so aan sy gebruikers, maar wanneer hy vir die eerste maal in die openbaar oor Fermata.com op ‘n televisiekletsprogram praat, gee dit aanleiding tot ‘n reeks verstommende gebeure wat nie net sy lewe nie maar ook dié van Megan Oosthuyzen (belowende joernalis en jong ma), Chris Grobler (geskeide polisiebeampte wie se oorlede dogter ‘n Fermata-bydraer was) en Simon Potgieter (student aan Oxford wat met ontgogeling op talle vlakke worstel) onherroeplik verander… en in minstens een geval beëindig.

‘n Donker, meesleurende tragikomedie. Dit is Henry Jack Cloete – skrywer, joernalis en musikant – se eerste roman.

Oor die outeur:
Henry Jack Cloete is in 1984 in die Boland gebore en het al wye draaie in die Afrikaanse media gemaak. As rubriek- en artikelskrywer en ook as lid van die alternatiewe musiekgroep Die Skynmaagde word hy bekend as ‘n eiesoortige waarnemer en ontleder met ‘n gesonde sin vir ironie en die absurde.

Uitgewer: Quellerie
Prys: R200-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.