Boek: Drama, humor en liefdesdriehoeke

Drama, humor… en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. Drie van die gewildste Eerste Liefde-stories in een.

In Rugbyballe en bikini’s kan niks Anelle se vakansie op Duinebaai bederf nie. Maar hoekom laat Martin haar so anders voel? In Daar’s ʼn ou in my aarbei-smoothie steek ʼn geheime bewonderaar boodskappe in Yolandé se tas weg. In My hart klop muffins laat die ou met die Franse naam Kat se hart jaag. Maar wat is Pierre se donker geheim?

Eerste liefde Omnibus 1 deur Janie Oosthuysen en Helen Brain is geskik vir tieners 14 jaar en ouer.

Oor die skrywers

Oosthuysen is die skrywer van verskeie kinderboeke soos die Ouma Hester en Grandma Duckitt-reekse, Juffrou Luisenbosch en die breinwassers, Professor Eksperimento se verskriklike formules en Sersant Spochter se ongelooflike leuenverklikker. Oosthuysen is in 2002 bekroon met die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se vertaalprys vir die eerste vyf Harry Potter-boeke wat sy uit Engels vertaal het. Sy het ook vier van die verhale in die Narnia-reeks vertaal, asook die eerste in die Artemis Fowl-reeks. Oosthuysen het ʼn aanlyn afstandkursus, Skryfgeheime, met tien modules wat oor 12 maande aangebied word. In dié kursus deel sy haar kennis en ervaring oor die skryf van kinder- en jeugboeke.

Brain het al meer as 50 boeke vir kinders en jong volwassenes die lig laat sien. Afgesien daarvan dat sy gereeld in tydskrifte en koerante artikels en resensies oor kinderboeke skryf, het sy ook ʼn webwerf waarop sy aan aspirantskrywers wenke en ander inligting gee.

Prys: R160,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.