Boek: Drieklawerblaar

drieklawerblaar-high-res-2-002Christine Barkhuizen-le Roux

In haar jongste roman, Drieklawerblaar, verweef Christine Barkhuizen-le Roux die verhale van drie hoofkarakters: Kate Jooste, ’n afgetrede en deur skuld gedrewe verpleegster, Tinneke le Grange, gastehuiseienaar en weduwee, wat met haar eie verwyte loop, en haar bitter en koppige buurman, Abel Marais, ’n wildboer in die Klein Karoo. ’n Man met ’n missie.

Ná haar aftrede gaan soek Kate, met jarelange vrae in haar binneste, na Abel op sy wildplaas: hoe het haar Ierse oumagrootjie in hierdie dorre streek beland? Wat het alles op hierdie stuk grond afgespeel? Terselfdertyd is Abel gemoeid met sy familiegeskiedenis – sy Hugenote herkoms lei hom na die Franse platteland, waarna hy hom kom vestig op ’n stuk grond digby sy oupa se plaas van vroeër.

En dan is daar Tinneke wat moet vrede maak met haar man se dood en die feit dat sy hom verloor het, lank reeds voor sy sterwe.

Drieklawerblaar is ’n meesleurende roman oor familie, oor grond, en die ystergreep wat die verlede op ’n mens kan hê.

Oor die outeur:
Christine Barkhuizen-le Roux is in 1959 in Vryburg gebore. Sy behaal in 2005 ’n Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Wes-Kaap. Sy is digter en kortverhaalskrywer en drie van haar boeke het by Human & Rousseau verskyn: Padmaker (2010), Wat die oog gesien het (2011) en Getuie (2012). Drieklawerblaar is haar derde roman.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R275-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Maroela-lesers kry afslag by Graffiti Boeke. Koop die boek nou vir slegs R220-00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.