Boek: ‘Droomboom’ – Marie Spruyt

Marie Spruyt 

Wanneer sy skrywersverblyf in Killaloe, ʼn klein Ierse dorpie, aangebied word, gryp professor Mariaan die geleentheid aan. Só kan sy Suid-Afrika en die trauma van die studenteopstande agterlaat. Sy kan fokus op haar vertaling van die tesis oor Afrikamites en -legendes en vergeet van die geweld en haar kollega se dood.

Ierland, met sy magiese landskap, legendes en kleindorpse rustigheid, oorrompel vir Mariaan. Sy maak nuwe vriende en begin selfs ʼn tentatiewe verhouding met Declan. Wanneer sy egter uitvind dat hy bande met die Ierse Republikeinse Weermag het, besef sy dat geweld en gevaar oral aanwesig is.

Droomboom deur Marie Spruyt, is ʼn verhaal van vergifnis en aanvaarding, en die helende krag van vriendskap en liefde.

Oor die skrywer

Spruyt werk met woorde sedert sy ʼn potlood kon vashou. Na haar uittrede uit die akademiese wêreld het sy gaan reis en by elke rusplek ʼn storie raakgeloop. Stillewe is een so ʼn storie wat sy in Italië gaan haal het. Sy leef en werk waar haar hart ʼn vastrapplek kry.

Prys: R260,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.