Boek: Droomkans

Christien Neser

Die matriekdans-monster: Dit is presies wat op die oomblik oor Elle se skouer loer. Die ontwerpersrok van haar drome kos ʼn plaas se geld, en sy het geen benul waar sy ʼn ander rok vir die matriekdans in die hande gaan kry nie.

Boonop is mevrou Bender terug op haar pos as skoolhoof van Gravitas – en sy is vasbeslote dat Elle haarself as hoofmeisie moet bewys. Wat gaan sy doen om seker te maak sy laat iets waardevol agter; iets om dankie te sê vir die wonderlike jare wat sy by Gravitas beleef het en seker te maak niemand vergeet haar in die jare wat voorlê nie?

Waar Elle in die omtrek is, is daar egter gewoonlik ook hope moeilikheid. Kort voor lank sluip daar ʼn paar vreemde nagtelike besoekers in die koshuis rond. Toe Elle agter die kap van die byl kom, moet sy inspring en help – al beteken dit ook sy moet by die skool se rekenaarstelsel probeer inbreek, hoofmeisie of nie!

Gaan Elle haar droomkans kry om ʼn blywende nalatenskap by Gravitas te laat?

Christien Neser se reeks tienerboeke oor die wel en wee van Elle Kroon is baie gewild, met selfs volwasse lesers wat nie kan wag om elke nuwe Elle-avontuur te verslind nie. Meer as 69 000 kopieë van hierdie uiters gewilde reeks is reeds verkoop.

Die tiende boek – en ook die slotaflewering in die reeks – beloof om net so skreeusnaaks, aweregs en romanties soos sy voorgangers te wees.

Droomkans, die laaste hoofstuk in die Elle-reeks sal aanhangers laat juig vir hul heldin – en trane laat afvee oor die skouspelagtige kragtoer waarmee hierdie topverkoperreeks ten einde loop. ʼn Onvergeetlike boek.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R175,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.