Boek: Duifiedorings

Thomas Deacon

In die digbundel Duifiedorings kry die leser met ʼn eiesoortige talent te make wat sonder pretensie of mooidoenery ontgin word – in ooreenstemming met die landskap en sy mense. As stylkenmerk vorm die kombinasie van eenvoud, eerlikheid en deernis die treffendste eienskap van dié bundel. Dit is tiperend van ʼn bepaalde samelewing en lewensruimte wat waarskynlik besig is om te verdwyn. Die poësie is eg en dit word met ʼn eiesoortige waardigheid aangebied. Dit bevat al die eienskappe wat by die volkseie hoort.

Thomas Deacon skryf ʼn eiesoortige en outentieke landskap oop, en verken ʼn streek met al die relevante kenmerke wat ʼn inherente deel daarvan uitmaak. Die menslikheid en aardsheid kom skitterend na vore, en daarmee saam ook ʼn eiesoortige lewensinstelling – lydsaamheid, geduld en meelewing met mekaar – maar ook ʼn leefwyse as lewensgenieters te midde van ʼn beskeie bestaan.

Oor die outeur

Deacon skryf reeds van skooldae af, maar dit is eers ná ’n ernstige hartaanval in die tagtigerjare dat hy sy skryfwerk meer ernstig opneem. Op sy reise neem hy baie waar en kom in aanraking met vele mense van die kontrei, wat sy digkuns op ʼn positiewe wyse beïnvloed.

“Dit is veral die Griekwas en hulle eiesoortige manier van praat en die oumense met hulle stories wat my inspireer om te skryf,” meen Deacon. Baie van sy werk word dan ook in die taal en idioom van die Griekwas weergegee.

Deacon kan by digters soos NP van Wyk Louw, Boerneef, RK Belcher en Charles Fryer kers vashou.

Uitgewer: Minimal Press
Prys: R165,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Minimal Press.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.