Boek: Dwarsklap

Deur Piet Matipa

“Ek verstaan nie hoekom mense verbaas is dat ek ’n verhouding met Afrikaans het nie. ‘Jy praat mooi Afrikaans.’ Hy behoort tog nie aan ’n groepering mense nie. Hy behoort aan wie hom praat. Taal is niemand s’n nie. Dit is almal s’n. Almal is eienaars van die taal. Taal het nie kleur nie; al praat swart mense Zulu, het hulle nie eienaarskap van die taal nie. ’n Wit mens of bruin mens kan dit sy eie maak. Afrikaans was nog nooit ’n taal van die onderdrukker nie. Dit was nog altyd ’n taal vir almal; dit is net jammer die onderdrukker het dit gebruik. Lank leef Afrikaans …”
– Piet Matipa, Dwarsklap

Piet Matipa is jonk, swart en Afrikaans. Sy rubrieke in Beeld is baie gewild omdat dit aan ʼn sonderlinge lewensuitkyk uitdrukking gee. Hy praat vanuit ’n perspektief wat jy nie sommer in Suid-Afrika kry nie. Sy siening van die wêreld is gevorm deur interessante bestemmings waar sy lewenspad aangedoen het. As skolier aan Hoërskool Waterkloof en student aan die Pukke het Piet uitgeblink. Sy skryftande is geslyp as joernalis in Beeld se misdaadkantoor en as sepieskrywer vir 7de Laan, waar hy steeds werksaam is. Nie sleg vir iemand wat in ’n kinderhuis grootgeword het nie!

Afrikaans het sy lê op ’n unieke manier in Piet se mond gekry. En vir één ding deins hy nie terug nie: dit is om sy mond verby te praat. In Dwarsklap laat Piet hom uit oor aangeleenthede wat alle Suid-Afrikaners raak. Misdaad en taxi-bestuurders is groot klippe in die skoen. Wenke oor gewigsverlies word gegee, en ook hoe om ’n ontkleedanser by ’n henneparty te kry. En oor liefdesavonture kan jy vir Piet min vertel, veral wanneer sosiale media betrokke is.

’n Hoogs vermaaklike boek wat die donkerte van die lewe in ligte skakerings laat glim.

Oor die outeur:
Piet Matipa is ’n bekroonde rubriekskrywer wat onder meer ’n ATKV-mediaveertjie gewen het, asook ’n Standard Bank Sikuvile-toekenning as beste jongjoernalis in 2014. Hy was vir drie jaar ’n misdaadverslaggewer by Beeld en is tans ’n draaiboekskrywer vir 7de Laan.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R240-00*

Koop die boek by Graffiti Boeke vir slegs R192-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ben Esterhuizen ·

Bakgat, Piet…. Bly om hierdie werk van jou te sien…

Johann ·

Ja Piet. Wonderful. Ek deel graag die volgende; so paar jaar terug stap ‘n Zoeloe in my kantoor in. Hy is ‘n Mediese dokter. Hy sê vir my day hy , behalwe die Zoeloe taal ook Swazi goed kan praat en lees, so ook Engels, maar hoegenaamd nie Afrikaans kan lees of praat nie. Afrikaans het mooi woorde wat nie vertaal kan word nie, soos “gatvol”!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.