Boek: E-posse uit Thailand

E-posse uit ThailandMauré van Wijk

Na etlike traumatiese gebeure wat in die skrywer se lewe ingegryp het, het sy afstand nodig gehad. Wat aanvanklik vir ’n ‘jong’, Afrikaanssprekende middeljarige vrou net ’n avontuur moes wees, het ’n lewensreis in die Verre Vreemde geword.

Sy het midde-in die vloede daar aangekom en het die eerste week ’n onderwys-seminaar bygewoon, waarna sy, as gevolg van die oorstromings, vir twee maande moes ‘rondhang’ voordat sy kon begin skoolhou.

Haar e-posse aan vriende en familie – en God as haar anker – was in dié tyd haar redding, en het neerslag gevind in die boek. Een en almal het haar skrywes en sketse van die land, mense en gebeure so geniet en inspirasie daaruit geput dat hulle nie kon wag vir ’n volgende aflewering nie.

In die e-posse deel sy haar persoonlike, kulturele en kulinêre ervarings. Sy skryf oor die hoogte- en laagtepunte – die positiewe, die humor en geestelike verdieping – wat sy in, soos haar dogter gesê het, die “regte Thailand” ervaar het.

Sy het in Bangkok en Hua Hin gebly, in Villages in die Noord-Ooste van Thailand skoolgehou, Summer Camps buite Pattaya gedoen, ’n draai by ’n kindergarten skool in Chonburi gemaak en op ’n koraal-eiland gaan uitspan. Sy het ook op ‘visa-runs’ Laos toe gegaan.

Om haar avontuur – wat letterlik en figuurlik ver buite haar gemaksone was – in die boek vas te pen, moes sy deur middel van haar e-posse terugggaan op haar Thailand-spoor.

Oor die outeur

“My baie laat ‘gap’-jaar het my nederig gelaat en opnuut bewus gemaak het dat alle mense respek en waardigheid verdien, dat ek nie voorregte as vanselfsprekend moet aanvaar nie, dat ouderdom relatief is, dit nooit te laat is om jou drome uit te leef nie, dat ’n mens elke dag moet lééf en deur God tot alles in staat is,” sê Mauré.

Uitgewer: [email protected]
Prys: R129.00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan Oosthuizen ·

Nou toe nou!!! Sawadee kap!
Toe ek die stuk lees het ek gebokspring van vreugde en toe die knop in my keel probeer afsluk. Duisende herinneringe het deur my gedagtes geflits en nek weet vannag gaan dit my wakker hou. So oneindig baie om te onthou.
Ons was ook vir twee “gap” jare in Thailand waar ek skoolgehou het en ons betrokke was by kerkplanting onder leiding van Koreaanse sendelinge op die dorp Kanthararom in die Isaangebied, digby Laos en Kambodja. Dit was ‘n onbeskryflike belewenis en ‘n stukkie hemel op aarde.
Ek het presies dieselfde gedoen as Maure en vriende dwarsoor die wereld wag vir daai boek! My rekenaar is volgepak met my maandelikse storiebrieweMiskien sal dit vanjaar se kersgeskenk aan hulle wees.
Ek sal bitter graag met Maure in verbinding wil tree want ons het saam jare se vreugdevolle onthou om uit te pak. Kap kun Kap!

Pieter Loftus ·

Puik boek, koop gerus hierdie boek. Dankie Maroela Media!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.