Boek: Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief

Een_cappuccino.jpgElize Parker en Magriet Smit

Oorwinningsgids vir enkelma’s

Jy is ’n enkelouer. Wat nou? Verstaan mense regtig waardeur jy gaan? Is daar iewers “tips” vir hierdie ding waarvan jy niks weet nie?

Dit is hoe Elize Parker, bekende radio-aanbieder, romanskrywer en Huisgenoot-rubriekskrywer, en Magriet Smit, Me. Hoop SA 2015, albei gevoel het ná hul egskeidings. En uit hierdie behoefte is Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief gebore. Dié boek gee vir enkelma’s praktiese raad oor hierdie onbekende, en dikwels baie seer, pad.

Die boek bespreek praktiese temas soos: Voorsiening, stabiliteit, hoop, verlies, dissipline, vergifnis, visie vir jou gesin, “twee huise”-sindroom en identiteit.

Elke hoofstuk in Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief sluit af met ’n oorwinningsgedagte om saam te vat en bied ook ’n kort Bybelstudie wat ideaal is vir groepbesprekings.

Hierdie boek is voorwaar ’n oorwinningsgids vir elke enkelma en bring net weer die bevestiging dat sy nie alleen is nie, want God sal haar nie hierdie pad alleen laat stap nie.

Oor die outeurs:

Elize Parker is ’n skrywer, bekende radio-aanbieder en joernalis. By Radio Tygerberg is sy veral bekend vir haar kinderprogramme en programme oor boeke. Elize, die ma van twee dogters, tree ook as motiveringspreker op. Sy woon in die Kaap.

Magriet Smit is die stigterslid van Word4WordRT/Projects, ’n nie-winsgewende organisasie wat passievol is oor die opleiding en implementering van ’n leesprogram. Sy is ook die nasionale koördineerder vir e-kerk se projekte. Magriet, wat die Me. Hoop Suid-Afrika 2015-titel dra, was van jongs af betrokke by jeugwerk en jeuginisiatiewe.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R99,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.