Boek: Een minuut

deur Wess Staffordeen min

As God ʼn kind voor jou laat staan, selfs al is dit net vir ʼn minuut, is dit ʼn Goddelike afspraak. Dit is wat dr. Wess Stafford, president van Compassion International, glo. In een Minuut deel die skrywer sy eie en ander se stories en ervarings om te wys watter verskil elke leser kan maak te opsigte van ʼn kind se ontwikkeling. Elkeen van die ses afdelings fokus op dit wat lesers in net een oomblik vir ʼn kind kan doen.

ʼn Oomblik om…

  • te red
  • eiewaarde op te bou
  • karakter te vorm
  • talent te ontdek
  • die gees te laat ontwikkel
  • ʼn roepingsbesef te kweek

Soms neem dit ʼn enkele oomblik om ʼn lewensveranderende verskil in ʼn kind se lewe te maak … ʼn drukkie, ʼn kompliment, opregte applous. Jy hoef nie ʼn onderwyseres, ouer, leraar of ʼn dokter te wees om ʼn verskil in ʼn kind se lewe te maak nie. Jy moet bereid wees!

Oor die outeur:
Dr. Wesley K. Stafford is ʼn internasionale erkende kampvegter vir kinders en het in 1977 by die personeel van Compassion International aangesluit en werk sedertdien in hierdie bediening. Sedert 1933 dien hy as president. Wess woon op ʼn plaas naby Colorado Springs, saam met sy vrou, Donna. Hulle het twee dogters, Jenny en Katie.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R139-95*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.