Boek: Een nag en ‘n bietjie

Een nag en 'n bietjie-high-resHester Kruger

Daar was die dag voor die gebeure, en die dag daarná. En dan was daar die nag tydens. Nooit weer sal Margaretha se lewe dieselfde wees nie. Een gewone weeksaand is sy en haar man in hul plaaswoning tussen Middelburg en Groblersdal aangeval en beroof. En wonder bo wonder het hulle albei die nag oorleef.

Een nag en ’n bietjie herinner ons aan wat dit is om mens te wees in hierdie land. Dit is ’n hartverskeurende boek, en aangrypend. En bowenal leesstof wat jou laat jubel jy woon hier, in hierdie verraderlike, verrassende en onvoorspelbare land.

’n Buitengewoon meesleurende leeservaring.” – Antjie Krog

Oor die outeur:
Hester Kruger is gebore en getoë op ’n plaas in die distrik Krugersdorp. Sy was lank werksaam in die biblioteke van Universiteit Potchefstroom en Unisa, en later by RGN. Sy is getroud met ’n regsgeleerde en hulle het drie kinders en vier kleinkinders. Sedert 2007 woon sy en haar man op ’n plaas by die Loskopdam in Mpumalanga.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R200-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.