Boek: Eendag op ‘n Maandag

LAPA Boek Eendag op 'n Maandagdeur Chanette Paul 

Versamelstukke nou weer in druk!  Snuffel gerus op die internet en kyk hoe gewild ouer werke in Chanette Paul se oeuvre op versamelwerwe is. ‘n Baie goeie tweedehandse kopie van haar werk kan deesdae dieselfde prys, of meer, haal as wat dit toentertyd gekos het.

LAPA Uitgewers het dus nou twee van haar ouer werke in ‘n nuwe baadjie uitgegee. Versamelaars sal natuurlik steeds die eerste drukke wou koop, maar vir diegene wat net ‘n lekker storie soek, hier is die geleentheid.

Eendag op ‘n Maandag bevat twee romantiese werke.

Vlerke vir n visvrou

Emma Steyn onttrek haar van die samelewing en gaan woon op Schilderkrans in die Karoo. Sy weier orn in die voetspore van haar pa, oupa en grootjie te volg en ‘n skilder te word omdat sy dink sy is nie goed genoeg nie. Maar Michael Lindeque, die plaaslike restauranteienaar, kry haar so ver am die interieur van Angel-on-Broom te doen en Emma begin blom.

Krinkels in die maan

Toe Tish Malan vir haar en haar sigeunertante ‘n stalletjie en blyplek kry by Organica, ‘n eksklusiewe kunstemark langs die Krokodilrivier, is dit vir haar ‘n uitkoms waarvan sy net kon droom. Berk Colijn, die formidabele eienaar van die mark, is egter die een los draadjie in die droomwip wat sy nie kon voorsien nie.

Oor die outeur:
Paul se gewildheid onder lesers is gevestig met haar twee reekse, die sewe historiese liefdesromans genaamd die Davelvroue, en die vyf romantiese spanningsromans wat in die volksmond bekend staan as die Gys Niemand-reeks.

Na die Gys Niemand-reeks volg die Maanschijnbaai-tweeluik, ‘n humoristiese familiedrama oor die vier Calitz-vroue van verskillende ouderdomme, in verskillende lewensfases, wat mekaar ondersteun in moeilike tye. Die eerste boek in die tweeluik, Jo & Sue, word deur lesers aangewys as LAPA se 2012 Lekkerlit-boek van die jaar. Siende blind, ‘n spanningsroman, wen die prys in 2013.

In haar jonger dae het sy ook ‘n Perskorprys gewen. Paul was al twee maal ‘n finalis vir die ATKV-Prosaprys, eenmaal ‘n finalis vir ‘n ATKV-Woordveertjie in die spanningskategorie en eenmaal in die liefdesromankategorie.

Uitgewer: LAPA Uitgewers
Prys: R214.95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.