Boek: ‘Eerste daar’ – Kaas van der Waals

Willem van der Waals

Brig.genl. Willem (Kaas) van der Waals kyk terug op sy veelsydige loopbaan: Van valskermsoldaat en instrukteur tot operasionele diens in Suidwes-Afrika (SWA), Angola en Rhodesië; militêre diplomaat en SAW se hoof van buitelandse betrekkinge. Hy was ook dosent in strategiese studies, hoof van sielkundige oorlogvoering, inligtingsoffisier en strategiese beplanner by die sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad. Daarna was hy die eerste veiligheidshoof van die stad Pretoria. Dit is juis dié veelsydigheid wat hom enersyds met gesagsfigure in die weermag laat bots het en andersyds wyd aanwendbaar gemaak het.

Oor die skrywer

Van der Waals was onder meer visekonsul in die Suid-Afrikaanse konsulaat in Angola (1970-1973). Tydens die burgeroorlog het hy in 1975 as militêre adviseur vir Jonas Savimbi se Unita-magte opgetree. Hy is in Nederland gebore en het 33 jaar in die SA Weermag gedien. Van der Waals het as ’n jong infanterie- en valskermoffisier begin en in 1992 as die direkteur van die mag se buitelandse betrekkinge uitgetree. Hierna was hy die eerste uitvoerende direkteur van gemeenskapsveiligheid van die stadsraad van Pretoria. Hy het 14 medaljes en dekorasies ontvang wat die Suiderkruis-dekorasie en -medalje asook die Orde van Prins Hendrik, die Seevaarder van Portugal, en Militêre Meriete van Paraguay, albei in die kommandeursklas, insluit

Prys: R350,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by
Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

FM ·

Lees ek reg?

Vir Unita magte opgetree.

Ek sou so skaam kry dat ek by sulke goed betrokke was dat ek nooit my gesig iewers sou wys nie. Om dit sowaar op skrif te stel!!!

Menige ouer het hul jong seun in daardie stryd verloor vir die behoud van Suid-Afrika wat vandag ‘n skande in die wêreld is. So bitter, bitter verkeerd.

Karlahari ·

Ek dink jy verwar Unita met Swapo.
Ons het dikwels saam met Unita opgetree en ook so vir Jonas Savimbi ontmoet.
Ons het die oorlog gewen, maar is uitverkoop deur politici in SA wat alle mag op n skinkbord weggegee het.
Geen soldaat wat in Angola was het enige rede om skaam te voel nie.

twaalfboor ·

Kry jou feite reg. Unita was SA goedgesind. Duidelik het jy net gehoor van die bos oorlog en was nooit self daar nie.

Adam Adriaan ·

‘n Gerespekteerde offisier!!!!! Sien daar is knape ‘n die huidige samelewing wat nie weet wie UNITA was nie

Ian ·

Iemand het die klok hoor lui maar weet nie so mooi waar die bel hang nie. Ai, onkunde is ‘n lelike ding. Kaas vd Waals was ‘n briljante offisier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.