Zelda Ackerman
Vetsug neem skrikwekkend toe. Die oorsaak is deels emosionele eetgewoontes wat in die kinderjare aangeleer word wanneer kos gebruik word as beloning of straf, of om liefde te wys. Dié gebruik programmeer ʼn kind se brein só dat hy of sy later, in moeilike tye, na kos gryp om beter te voel. Eet reg is propvol raad wat jou en jou kinders vir altyd van emosionele eet kan bevry. Gee jou gesin die regte kos, leer jou kinders om lekker én gesond te eet en eet self reg, lewenslank.
Oor die outeur:
Zelda Ackerman is ʼn geregistreede dieetkundige met ʼn passie vir kindervoeding. Sy skryf gereeld vir die tydskirf Baba & Kleuter en is die stigter van Family First Nutrition Pty (Ltd), ʼn aanlynmaatskappy wat gesinne bemagtig om kinders gesond groot te maak. Zelda is getroud en het drie kinders.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R230*
*Prys onderhewig aan verandering
Ware woorde om nie jou kind te beloon of troos met kos nie. Ek het altyd gehoor; eet jou kos daar is mense wat nie kos het nie….en nou eet ek tot vandag nog vir al die haweloses se part.
Onthou: An Apple a day keeps the doctor away, but if the doctor is cute forget the fruit.
Bant.