Boek: Eggo’s in die Skimberge

eggo's in die skimberge

Kobie Kruger

Mattie klim elke aand hoog op in die ou eikeboom voor haar kamervenster om die Skimberge beter te kan sien. Sy dink die berge bewaar ’n geheim, want waarom anders val daar sterretjies uit die naghemel bo hulle? Sy vertel vir Henk daarvan omdat hy die enigste een is wat nie sal lag nie.

Met ’n vlot wat aan Mattie se oupa behoort het, vaar sy en Henk na die Skimberge toe. Maar hulle kry teëspoed toe die vlot by ‘n waterval afstort. Gelukkig kry hulle dit reg om uit die malende rivier te swem, en hulle begin stap in die hoop om weer hulle pad huis toe te vind. In die ravyn ontdek hulle die elfkoninkryk Loherin. Hier raak hulle betrokke by die soektog na die elfkoningin se twee kinders, wat jare gelede op onverklaarbare wyse verdwyn het… En dit is maar net die begin van ‘n reis wat Mattie en Henk se lewens handomkeer sal verander.

Die boek is propvol avontuur, die soort waarvan kinders droom. ‘n Goeie storie met substansie waarin veral bedrewe laerskoollesers tussen 10 en 12 jaar ou hulle tande kan inslaan!

Oor die outeur:
Kobie Krüger is in 1946 op ‘n bosveldplaas in Limpopo gebore. Sy verwerf ‘n BA en HOD aan Tukkies en werk daarna in Windhoek en Johannesburg. Hierna woon die gesin vir baie jare in die Krugerwildtuin, waar hulle drie dogters grootword. Die wildtuinlewe is ook die inspirasie vir haar boeke Boskonsert en The Wilderness Family, waarvan vertaalregte van lg. aan 13 lande verkoop word en veral in die VSA en Kanada gewild is. Sedert 2006 woon Kobie en haar man op die oewer van die Blyderivier in ‘n wildreservaat naby die wildtuin.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R120-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.