Boek: Eindspel

eindspelWilna Adriaanse se karakters kom meld hulle gewoonlik op ʼn dag by haar aan en verlei haar dan om hulle storie te vertel. “Ek kan nie stories uitdink nie en moet maar geduldig wag dat die karakters vir my hulle stories vertel.”

Ellie hou van haar nuwe lewe op die platteland. Daar is tyd om te dink oor haar pa se dood by die padblokkade, om te herstel van haar tyd in die polisie. Sy help selfs uit as kerkorrelis en vul haar dae met alledaagse goed. Net wanneer sy nie kan slaap nie, gaan sit sy in die spaarkamer, waar haar kaarte, diagramme en lyste opgeplak is. Name, datums, verbintenisse. Êrens in die web is haar pa se moordenaar. Sy moet net hard genoeg soek.

Op ʼn dag, terwyl sy hulle in die truspieëltjie van die orrel dophou, weet sy als was vir hiérdie dag. En dat sy sal moet uitvind wie haar soek, en waarom. Die lang gewag is verby!
Die vervolg op 2014 se Dubbelspel is hier.

Meer oor die skrywer:

Wilna Adriaanse is in 1958 in die Kalahari gebore. maar het op Worcester grootgeword. Haar eerste boek, Die wingerd sal weer bot, is in 2000 deur Lapa-uitgewers onder die skrywersnaam Wilmine Burger gepubliseer. Haar boek, ʼn Heildronk op liefde, is in 2003 met LAPA se liefdesromanprys bekroon en sy ontvang in 2009 die ATKV-Woordveertjieprys vir haar roman, Die boek van Ester. Haar bekendste boeke is Met ander woorde (2006), Vier seisoene kind (2010) en Dubbelspel (2014). Sy het haar MA-graad in skeppende skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad behaal, en daaruit spruit haar roman ’n Klein lewe (2012). Sy woon tans op Stellenbosch.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: *R270
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.