Boek: Eisteddfod-pret 2

Saamgestel deur Gloudine Kellerman en Jonelle du Toit

Hierdie versameling van 108 oorspronklike gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake volg op die baie suksesvolle eerste titel in die reeks en is geskik vir laerskoolleerders. Elkeen van hierdie werke het die potensiaal om die hoogste punte by ‘n eisteddfod te verwerf. Louise Lachenicht se riglyne vir ouers, onderwysers en afrigters met ‘n fokus op gedramatiseerde poësie verseker dat elke deelnemer hul beste werk kan lewer.

Oor die skrywer

Gloudine Kellerman was ‘n onderwyser en eisteddfodsameroeper. Sy werk tans by die ACVV en woon in Riebeek-Kasteel. As deel van die Fynbosskrywers-groep verskyn van haar stories in Middernag en ander spokerige stories en Liefde is ‘n sprokie. Van haar gedigte het ook in Rympies vir Pikkies en Peuters en Rympies vir kleintjies en kleuters verskyn.

Jonelle du Toit woon op Hermanus. Sy het ‘n meestersgraad in Drama, rigting Kinderteater en het al verskeie kinderteaterproduksies geskryf en opgevoer by onder andere die KKNK. As lid van die Fynbosskrywers het haar bydraes in Middernag en ander spokerige stories en Liefde is ʼn sprokie verskyn, asook gedigte in Rympies vir pikkies en peuters en Kleintjies en kleuters.

Tumi K Steyn het van kleins af geteken en prenteboeke versamel. Haar illustrasies verskyn in Stories vir Pikkies en Peuters (Tafelberg), asook in verskeie opvoedkundige publikasies en Vrouekeur. Sy woon in Johannesburg waar sy met verskillende vorms van kuns en kunsvlyt eksperimenteer, stapels boeke lees en haar katte vermaak.

Ouderdom: Nege tot 12 jaar
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R235,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Marianna

Baie geluk met die pragboek Glaudine en Jonell. Ek is so trots op julle. Ek hoop dis nie die laaste een nie.