Boek: Eisteddfod-pret

Eisteddfod-pret-BIG-cover-002.jpgJonelle du Toit en Gloudine Kellerman

Menige ouer, onderwyser en afrigter het al die wens uitgespreek dat minder tyd aan die soek van geskikte materiaal vir Eisteddfods bestee hoef te word.

Eisteddfod-pret is gebore uit hierdie noodkreet van ouers, onderwysers en kinders wat jaarliks in desperaatheid die internet en biblioteke fynkam vir vars, nuwe materiaal, want dit is nie sommer enigiets wat geskik is nie.

Die inhoud van hierdie bundel is oorspronklike, ongepubliseerde werke van die Fynbosskrywers, werke wat die potensiaal het om A++ by ʼn Eisteddfod te verwerf. Dit bestaan uit 108 gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake wat geskik is vir gebruik in die laerskool. ʼn Inleiding deur Louise Lachenicht verseker ook dat die deelnemer se potensiaal ten volle ontwikkel word met riglyne vir afrigters, onderwysers en ouers.

Oor die outeur

Jonelle woon op Hermanus. Sy het ‘n MA-graad in Drama, rigting Kinderteater en het al verskeie kinderteaterproduksies geskryf en opgevoer by o.a die KKNK. As lid van die Fynbosskrywers het sy bydraes in: Middernag en ander spokerige stories en Liefde is ʼn sprokie, asook gedigte in Rympies vir pikkies en peuters en Kleintjies en kleuters.

Gloudine was ʼn onderwyser en Eisteddfod-sameroeper. Tans werk sy by die ACVV en woon in Riebeek Kasteel. As deel van die Fynbosskrywers-groep verskyn van haar stories in Middernag en ander spokerige stories en Liefde is ʼn sprokie. In Rympies vir Pikkies en Peuters en Rympies vir kleintjies en kleuters is ook van haar gedigte opgeneem.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R220,00*
*Prys onderhewig aan veranderinge 
Koop die boek by Graffiti Boeke 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.