Boek: Ek is tot alles in staat

Riekert_Botha_Tot_alles_in_staat_boek.jpgRiekert Botha

10 studies oor die boek Filippense se boodskap vir gelowiges vandag.

Riekert Botha neem lesers in Ek is tot alles in staat deur die vreugde-brief Filippense en daag elkeen uit om die ware betekenis van dié bekende boek te ontdek.

Dié bekende skrywer en radiopersoonlikheid breek Filippense in 10 studies op om te sien wat hierdie boek vir elkeen individueel, asook in die groter prentjie van die boek wil sê.

Eerstens word daar gekyk vir wie die boek oorspronklik geskryf is en wat die boodskap vir hulle was. Dan kan die leser uitvind wat hierdie boek vir hom of haar persoonlik sê. Ons omstandighede is vandag anders as die eerste lesers van die brief s’n, maar God se boodskap bly dieselfde deur al die eeue heen. Groot gedeeltes Bybelteks uit die NLV in Ek is tot alles in staat sorg ook vir maklike naslaan.

Oor die outeur:

Riekert Botha is ’n tentmakerleraar en was voorheen leraar van die Baptiste-gemeente op Vredendal in die Wes-Kaap. Riekert beskik oor die grade BTh (honneurs) van die Global University en ’n MTh van die Northwestern Theological Seminary, waar hy ook sy PhD in berading ontvang het. Riekert word gereeld op RSG gehoor waar hy inspirerende en Bybelgebaseerde boodskappe uitdra. Hy is getroud met Pippa en hulle het drie kinders.

UITGEWER: CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
PRYS: R79.95*
*PRYS ONDERHEWIG AAN VERANDERING

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.