Boek: Ek kan vlieg

Fifi Kuo

Pikkewyne is gewilde onderwerpe vir prenteboeke, maar Ek kan vlieg is opvallend vir die sjarme en emosionele impak daarvan.

Klein Pikkewyn wil vreeslik graag vlieg en glo hy kan, ten spyte daarvan dat almal, insluitend sy pa, vir hom vertel dat hy nie kan vlieg nie.

Eers as hy in die water val, ontdek hy wat pikkewyne regtig kan doen.

Sy pa is aan Pikkewyn se sy; en so leer die jongeling dat alle pikkewyne, hy en sy pa ook, wel kan vlieg, solank hulle dit onder die water doen!

Fifi Kuo se teks en tekeninge is eenvoudig, maar uitmuntend. Die leser kan presies verstaan wat klein Pikkewyn voel, asook hoe dit moet voel om deur die water te vlieg.

Genre: Kleuterfiksie
Ouderdom: Drie en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R140,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.