Boek: Ek kom terug

Adriaan van Dis

Ons sweer saam: Ek gaan haar ’n papierlewe gee, of nog beter: ’n nuwe lewe. ’n Lewe waarin sy weer maklik kan loop, haar lippe rooi maak, wye rokke dra of haar vuurbestande baadjiepakke. Ek wil ’n dansende moeder uitbeeld, ’n vegtende moeder. Die sterk vrou van my jeug.

“Ek kry ’n lewe by,” – sy grom tevrede – “maar ek wil wel iets in ruil hê.”

“Ek sal al jou inkopies doen, die kombuisvloer mop …”

“Pille. Jy kry ’n storie, ek ’n pil.”

Ná ʼn lang lewe van swye en uitsluiting begin ʼn moeder skielik met haar seun praat – aarselende ontboesemings oor grensoorskrydende liefde, verraad en drie oorloë. Hy, ʼn romanskrywer, mag haar biograaf word, maar daar is ʼn voorwaarde: Hy moet haar ʼn sagte dood besorg.

Ek kom terug is ʼn tragikomedie oor die onstuimige lewe van ʼn vrou wat terugkyk op haar eeu.

Oor die outeur

Adriaan van Dis debuteer in 1983 met Nathan Sid en publiseer in die begin van die 1990’s veral reisromans soos Het beloofde land en In Afrika. In 1994 verskyn Indische duinen wat bekroon word met die Gouden Uil 1995, gevolg deur Dubbelliefde (1999) en Familieziek (2002). In 2007 verskyn die roman De wandelaar en in 2010 Tikkop wat ook in Afrikaans vertaal is. Stadsliefde. Scènes in Parijs verskyn in 2011. Adriaan van Dis se boeke is in verskeie tale vertaal.

Oor die vertaler

Daniel Hugo was ʼn spesialisomroeper by Radiosondergrense en verantwoordelik vir die literêre program “Leeskring”. Hy is ʼn gerekende digter met 13 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R220,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charles ·

Wonderlik, kan nie wag om hierdie werk IN AFRIKAANS te verorber nie!

Dankie aan Daniel Hugo, mag hy nog 1000de boeke vertaal na ons tongval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.