Boek: Ek wens ek was… dink die meerkat

Ek-wens-ek-was-dink-die-meerkat-voorblad.jpgSkrywer – Werner Holzwarth
Illustreerder – Stefanie Jeschke

Na links… reguit vorentoe… na regs… reguit vorentoe… na links… waaksaam bespied die meerkat sy omgewing.

Hy bewonder sy bure in die dieretuin: die sjimpansees wat die hele dag lawwe dinge aanvang, die bere wat so sterk is, en natuurlik die koning van die diere, die leeu. Wanneer daar skielik ʼn gevaarlike skaduwee te voorskyn kom, kruip die meerkat die vinnigste weg. Het dié klein vent maar geweet hoeveel hy daarvoor deur die ander diere bewonder word, sou hy van verrassing bollemakiesie slaan!

ʼn Boek vir verskuilde helde en meerkatliefhebbers.

Die boek is vertaal deur Nicol Stassen.

Oor die outeur

Werner Holzwarth is ʼn kinderboekskrywer wat in 1989 sy eerste kinderboek Vom kleinen Maulwurf, der wissen wollte, wer ihm auf den Kopf gemacht hat (Die klein mol wat wil weet wie op sy kop gepoef het) geskryf het, ʼn boek wat ʼn internasionale topverkoper was en hom as suksesvolle kinderboekskrywer gevestig het. Werner Holzwarth was professor in visuele kommunikasie aan die Bauhaus Universiteit in Weimar voordat hy hom voltyds as kinderboekskrywer toegewy het.

Oor die illustreerder

Stefanie Jeschke illustreer sedert 2009 suksesvolle kinder- en prenteboeke by verskillende Duitse uitgewers.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130.00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Hester

O aarde! Dit maak ‘n yslike verskil. Dankie dat jy ons laat weet het – ek stel die berig gou reg!
Ons wil verseker eerder ‘n verrassing hê…

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.