Boek: Ek wil. Ek kan. Ek sal.

EWEKES_OMSLAG.jpgJannie Putter, Lynette Beer, Wouter Snyman, Liesel Krause-Wiid en Kobus Neethling

Dalk voel jy spyt oor verlore kanse en wens jy kon die tyd terugdraai sodat jy beter besluite kon neem. Jy is miskien onseker oor nuwe geleenthede. Of gespanne oor ’n krisis. As jy nie gelukkig en tevrede is met jou lewe nie, sal iets moet verander!

Die waarheid is dat daar net een persoon is wat verantwoordelik is vir die gehalte van jou lewe – en dit is jyself. Jou lewe nou is die resultaat van al jou gedagtes, woorde en besluite van die verlede. As jy wil hê iets moet verander, moet jy dinge anders begin doen.

’n Droom sonder aksie bly maar net ’n verbeeldingsvlug. Jy hét die potensiaal om jou drome te verwesenlik, maar dan moet jy soos ’n kampioen begin dink.

Voel jy maklik kwaad, gegrief en negatief? Jou emosies kan al jou goeie bedoelings in die wiele ry. Leer hoe om jou gevoelens te beheer sodat hulle jóú nie beheer nie. Ja, jy kán jou lewe verander!

Dieselfde omstandighede, maar ’n beter, nuwe jy! Dit is tyd om op te hou soek na faktore buite jou vir die rede hoekom jou lewe nie presies is wat jy begeer nie. Om 100% verantwoordelikheid vir jou lewe te neem, beteken dat jy verstaan dat jy die skepper is van alles wat met jou gebeur. Jy kan nie jou omstandighede verander nie, maar jy kan jouself verander.

Dít is ’n boek met ’n verskil – dis nog nie klaar geskryf nie. Ná elke hoofstuk is daar ’n vraag of opdrag. Nadat jy al hierdie vrae beantwoord het, het jy jou eie boek geskryf – én jy sal presies weet hoe om jou lewe drasties om te keer!

Leer by die kenners hoe om vir altyd klaar te maak met die verlede en tot aksie oor te gaan. Sien jou moeilike situasie eerder as ’n geleentheid en ’n uitdaging vir groei. Jou emosies beïnvloed elke terrein van jou lewe. Jy mag dus nie daaraan toegee nie, want dan sal jy jou drome uit die oog verloor. Beur voort en doen wat jy moet, ongeag hoe jy voel.

Nog onderwerpe waarna jy in die boek kan uitsien:

  • Neem risiko’s
  • Volg jou unieke passie
  • Baklei vir wat jy wil hê
  • Negatiewe emosies maak jou siek
  • Praat positief oor jou lewe
  • Leer uit jou foute en beweeg aan
  • Maak seker jou lewe het balans

Uitgewer: Carpe Diem Media
Prys:  R119*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.