Boek: Elma Smit se selfhelpgids vir meningsvormers

Elma Smit 

Moet ’n mens gewild wees om geld te maak uit sosiale media? Nee! Daar ís egter ’n hele rits duur lesse wat geverifieerde influencers, of erkende meningsvormers (dáái mense met die blou regmerkies agter hul name), almal op die harde manier geleer het. Tradisionele media speel toenemend tweede viool vir digitale en sosiale media – ’n rewolusie wat aan inhoudskeppers ongekende (en lonende) nuwe geleenthede bied.

Elma Smit het in 2019 as aanbieder die hoogste sport bereik: sy is deur twee globale organisasies gekies om die verteenwoordiger van hul digitale inhoud by twee verskillende wêreldbekertoernooie in minder as ses maande te wees. Tóg het sy in dieselfde tydperk meer munt daaruit geslaan om ’n meningsvormer te wees as uit enigiets anders.

In Word ’n Influencer laat een van SA se topinhoudskeppers en -meningsvormers vir die eerste keer die aap uit die mou oor hoe ’n mens ’n lojale gehoor opbou, hoeveel jy vir geborgde veldtogte kan vra en hoe om slaggate te vermy.

Nadia Jaftha, Katinka die Kat, Bouwer Bosch en Rachel Kolisi tel onder die uitgelese geselskap van influencers wat ook hul geheime deel, terwyl plaaslike en oorsese bemarkingsghoeroes verduidelik waarna hulle op soek is wanneer daar op meningsvormers vir veldtogte besluit word.

Oor die skrywer

Smit is ’n sportaanbieder en vervaardiger met ’n benydenswaardige lys kliënte. Dit sluit in die Internasionale Krieketraad, Wêreldrugby, Jacaranda FM, SuperSport, MasterCard, Vodacom, Nedbank, Castle Lager, Accenture, Shell en Club Med. Voor haar loopbaan as sportaanbieder was Smit onder andere ook ’n nuus- en aktualiteitsaanbieder by kykNET se Dagbreek, ’n profielskrywer vir Netwerk24, en ’n MK- en 5FM-aanbieder. Smit het ’n regsgraad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf, asook ’n honneursgraad in joernalistiek aan die Universiteit van die Witwatersrand.

Prys: R230,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gato ·

Ek dink dit help natuurlik so bietjie as jy beeldskoon is soos Elma.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.