Boek: Elton die Verskriklike April verloor dit

eltonCarin Krahtz

Elton en sy ma woon nou aan die “regte kant van die rivier”. Sy ma het ’n pos asinwonende verpleegster by ‘n aftreeoord gekry. Een van die byvoordele van die pos is dat hulle ’n tweeslaapkamerhuisie op die aftreeoord se perseel kry.

Die verhaal speel af by die aftreeoord en by Hoërskool Horison, waar Elton nou in graad agt is.Die onderwysers is bekommerd oor die feit dat Elton gereelde woede-uitbarstings het. Hy word na die skoolsielkundige verwys, wat aanbeveel dat hy in ’n dagboek uiting aan sy emosies gee.

Sy ma is meer gereeld by die huis, maar soms moet hy vir haar instaan as verpleegster vir die aftreeoord se ingroeitoonnaels en hoofpyne. Gelukkig kry hy opleiding in noodhulp by die skool. Sy beste pelle Dawid en Lesedi is in ‘n ander skool, en Jireh, die skarminkel van Tekkie Town se flêtse, is ‘n senior in sy skool. En sy ma is swanger. Elton voel hy kan van skok in ’n gat dieper as Kimberley s’n val toe hy uitvind wie die pa is.

Oor die outeur

Carin Krahtz is in 1965 in Pretoria gebore en voltooi haar skoolloopbaan aan die Oos-Rand. In 1988 slaag sy haar Honneursgraad in Joernalistiek met lof aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy publiseer ’n aantal kinderboeke wat hoofsaaklik in die skolemark gebruik word.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.