Boek: ‘Emigrant Immigrant’ – William Lottering

William Lottering

Emigrasie is eers ’n sterfproses en dan ’n geboorte.

In die vroeë 1990’s emigreer Andries en Joannie Wasserman met hulle twee kinders uit Suid-Afrika na Toronto, Kanada. Hulle is onvoorbereid op hoe traumaties dit is wanneer jou hede en verlede duisende kilometers uitmekaar lê.

Met die ergste van die aanpassing agter die rug, moet die Wasserman-egpaar erken dat hul verhouding onherroeplik skade gely het. Terwyl hulle nog die pynlike skeiding verwerk en steeds wroeg oor die problematiek van die land wat hulle verlaat het, dompel die verdwyning van hul 12-jarige dogter die Wassermans in ’n nuwe krisis.

Nou bly die vraag: Was dit alles die moeite werd?

Deur fragmente wat uit verskillende gesinslede se perspektief aangebied word, bied die skrywer ’n blik op die intense kulturele vervreemding en verlies aan identiteit wat so ’n verplanting meebring.

Emigrant Immigrant is deur William Lottering geskryf en deur Malan Media uitgegee.

Oor die skrywer

Lottering woon in Toronto, Kanada. In Suid‑Afrika was Lottering ’n Afrikaanse radio-omroeper, regisseur, TV-aanbieder en kunslektor. Hy skryf ook radiodramas, jeugvervolgreekse en ander tekste. Lottering was ’n kuns­resensent vir die tydskrif Insig. In sy Kanadese lewe is hy ’n beeldende­kunste-instrukteur en -konsultant, openbare spreker en kunstenaar. Sy loopbaan as radiopersoonlikheid, kunstenaar, lektor, in­strukteur en skrywer is wyd en omvattend.

Lottering ontwikkel sy skryftemas as ’n onthulling van argeologiese of historiese lae, wat nie noodwendig in chronologiese volgorde afspeel nie. Hierdie werk is ’n konsentriese ontwikkeling van leidrade wat ’n uiteindelike geheel vorm.

Prys: R290,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.