Boek: Emma en die creepy komplot (met video’s)

Emma en die Creepy Komplot-cover D 2Die aksiebelaaide opvolg op Emma en die geheime gang.

Die skool en koshuis op Kosterkloof het weer na normaal teruggekeer ná die skoolhoof se komplot om kinders se DNA aan ruimtewesens te verkoop, oopgevlek is. Die kinders word nou aangemoedig om gesond te eet en ook sport te beoefen. Emma kom egter gou agter dat die blou koelsakke wat die onderhoof in die middel van die nag kombuis toe dra, nie die rugbyspan se koeldranke bevat soos hy beweer nie. En wat het die nuwe hoteleinenaar, die Plottenboers, Jori Appelgryn en die Snopkes, wat steeds in die tronk sit, met mekaar te doen? Emma besluit natuurlik om ondersoek in te stel, maar niks kan haar en Zoltan egter voorberei vir die gruwelike fonds wat hulle een aand in die koelsakke ontdek nie…

Kyk gerus ook na die lokprent wat onderaan volg en ‘n onderhoud met die skrywer heel onderaan.

Oor die outeur:
Marianna Brandt het al verskeie kinderboeke die lig laat sien. Vir haar boek Die mieliestronkpop/The Mealiecobb Doll het sy ’n White Raven nominasie ontvang. Haar vorige boeke by Human & Rousseau is: Die geheim van die toringkamer, Die Stoutsterte. Van Texel tot Tafelbaai, Markus Stermuis/Marcus Star Mouse, Die Stoutsterte. Poot aan wal, Magrietjie Swaai-Boude en Diva Veronica. Sy skryf ook bydraes vir opvoedkundige publikasies plaaslik en oorsee. Marianna woon in Boston, Bellville.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R130-00*
*Prys onderhewig aan verandering


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.