[Boek] Ena Murray Keur 15

EM-KEUR-15-cov-002.Ena Murray

Drie wonderlike verhale deur Ena Murray in een bundel:

In ’n Vrou soos Salome sien die joernalis Jaco Retief ’n weerloosheid in Salome Truter – die liefling-ster van die sangverhoog. Impulsief nooi hy haar vir ete, en ontdek dan dat daar agter die openbare beeld ’n oneindige hartseer skuil…

In Die vrou in die spieël word die hoofkarakter een oggend wakker en ontdek dat sy niks kan onthou nie, nie eens haar eie naam nie. En toe ’n lang, aantreklike man skielik die kamer binnestap, noem hy haar Ansie. Dis ’n naam wat sy in haar diepste wese wéét nie hare is nie!

En in Die pad terug huis toe beland gesogte model Karina Oosthuizen in ’ngrusame motorbotsing wat haar blind en verlam laat. Onverwags is daar iemand wat vir haar – en haar moeder – toevlug bied in ’n pragtige wit huis by die see. En dis perfek ingerig vir ’n persoon in ’n rolstoel. Sal Karina se trots haar toelaat om daar te bly as sy weet dat De Waal Venter die weldoener is – die seun wat sy as kind so verneder het?

Oor die outeur

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike geneesheer, en dis hier waar haar groot belangstelling in die geneeskunde ontstaan het. Verskeie van haar verhale het dan ook ’n hospitaal as milieu. Sy het op Mosselbaai afgetree en is in Junie 2015 oorlede.

Uitgewer: Jasmyn Uitgewers
Prys: R245.00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.