Boek: Ensiklopedie van kennis

Ensiklopedie van kennisDorling Kindersley

ONTDEK die geheimenisse van Toetankamen se grafkelder, en wat tsoenami’s, tornado’s, aardbewings en die kern van die son van krag voorsien.

AANSKOU die geboorte van ’n ster, die binnegoed van ’n T-rex en die geheime wat in ons DNS bewaar word.

REIS terug in die tyd na die oprigting van die Groot Muur in China, die Parthenon in antieke Atene en die slagvelde van die twee Wêreldoorloë.

ONDERSOEK seine uit die ruimte, die onsigbare kragte van magnetisme en die wetenskap wat agter vuurwerke sit.

Hierdie allesomvattende ensiklopedie bied ’n splinternuwe benadering tot naslaan-werk vir die hele gesin. Dit is in samewerking met die gesaghebbende Smithsonian-instituut geskep, en danksy die heel nuutste 3D-grafika-tegnologie verken dit die wonders van die wêreld in ongeëwenaarde detail.

Die ensiklopedie is in ses hoofstukke verdeel:

  • Ruimte
  • Aarde
  • Natuur
  • Menslike liggaam
  • Wetenskap en tegnologie
  • Geskiedenis en kultuur

Daar is ook ’n nuttige naslaanafdeling.

Dié fassinerende naslaanbron vir die hele gesin is propvol verstommende feite, dinamiese tydlyne en indrukwekkende illustrasies. Jy kan met een oogopslag verdiep raak in selfs ingewikkelde onderwerpe en dit maklik verstaan! Die perfekte hulpbron vir kinders – hetsy vir huiswerk en take of bloot om hul nuuskierigheid te bevredig.

 Oor die samesteller

Hierdie ensiklopedie is saamgestel deur Dorling Kindersley, die wêreldleier op die gebied van toeganklike niefiksie vir jong lesers. Dit is geskryf in samewerking met vakkenners van die gesaghebbende Britse Smithsonian-instituut.

Uitgewer: LAPA Uitgewers
Prys: R394.95
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.