Boek: Erfgeld is swerfgeld

Johannes Bakkes

Johannes Bakkes is die skrywer van andersoortige reisverhale soos Ons is moertoe (2001 en Norrevǿk (2008). Sy jongste boek is meer persoonlik, want hierin skryf hy homself oop.

Die subtitel is Reis na binne, die -ste -ste plek, want hy is altyd op soek na die koudste, warmste, hoogste en droogste plek om te besoek.

In Erfgeld is swerfgeld word humoristiese vertellings oor Bakkes se reise afgewissel met sy pa se wolhaarstories en lewendige geskiedenisvertellings. Bakkes se liefde vir sy familie is tasbaar. Gerrit Rautenbach beskou die manuskrip as “sy beste skryfwerk nog” en “blootstellend anders”.

Bakkes lê homself bloot in sy weerloosheid, vrees en krankheid. Hy wys wie hy was in die ou bedeling en hoe hy probeer hand bysit in die nuwe bedeling, wat hy nie gekies het nie. Dis ’n dapper, aangrypende reis vol humor en deernis.

Oor die skrywer

Casparus Johannes Bakkes is ’n skrywer van veral reissketse. Hy is op 21 Oktober 1956 in Stellenbosch gebore as die oudste van vier kinders van die bekende skrywer Margaret Bakkes en die geskiedkundige dr. Casparus Marius Bakkes. Bakkes is ’n rekenmeester en professor in toegepaste rekenmeesterskap aan die Universiteit van Wes-Kaapland, asook ’n wêreldreisiger en toergids. Hy is met die kunstenaar Nanna Vorster-Bakkes getroud. Sy broer, Christiaan Bakkes, is ook ’n skrywer. Hy is ook die skrywer van samoe(r)sa reis (2010), Oepse Daisy (2011) en Openbaring (2016).

Genre: Outobiografie
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.