Ettie Bierman
In Die snip van Sesdorings laat die aankoms van ’n beeldskone rooikopmeisie met die uiters onvroulike naam Hennie Vermaak die vonke behoorlik spat – sy moet besit neem van haar erfenis, maar eers is daar óú vetes wat besleg moet word.
In Rabbedoe en Rissiepit is daar talle struikelblokke wat oorkom moet word voordat die rabbedoe (en voornemende werktuigkundige) Nell liefde kan vind in die arms van die ryk, selfversekerde Dewald. Een van dié struikelblokke is die sjarmante hofmaker Badie, want Nell weier om die lasterlike dinge wat oor hóm kwytgeraak word, te glo . . .
En in Die hart se tweede lente kry Kara Verster met vele dinge te doen tydens haar eerste oorsese vlug as lugwaardin: onder meer ’n gekletterde seekat, ’n towenaar, twee Duitsers in ’n koma, ’n lang, groen, haarlose hond en ’n twyfelagtige waarsegster!
Oor die outeur:
Ettie Bierman is ’n alombekende, immer gewilde skrywer van romantiese verhale. Dié boeke het gewoonlik ’n reistema, dikwels met ’n lugwaardin as hoofkarakter. Oor die jare het sy baie gereeld gepubliseer en só ’n lojale gevolg opgebou.
Uitgewer: Jasmyn
Prys: R210-00*
*Prys onderhewig aan verandering