Boek: ‘Eugene’ – Kirby van der Merwe

Kirby van der Merwe

“Eugene ken van skollies, gangsters en crooks. Hy is streetwise, al lyk hy nou soos iemand uit die upper-middle class. Hy kom immers uit die ghetto se killing fields van die 60’s, 70’s en 80’s. Maar nou is dit baie jare later. En die ou alliances met sy kindervriende Alan, Huey en Jenny ná alles destyds in Hillbrow tussen hulle skeefgeloop het, bestaan nie meer nie, en Eugene word aangekla van moord.”

So beskryf die uitgewer Eugene deur Kirby van der Merwe, ʼn aangrypende roman oor vriendskap en verraad. Die boek het pas by NB Uitgewers verskyn.

Oor die skrywer

Van der Merwe het in die Paarl grootgeword. Hy het visuele kunste studeer en was lank kunsonderwyser. Klapperhaar slaap nie stil nie was sy debuutroman in 1999. Hy is ʼn bekroonde skilder en joernalis, en het al ʼn verskeidenheid Engelse romans in Afrikaans vertaal.

Prys: R310,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.