Boek: Facebook-digter bring bundel uit

Kosmos en komete is die debuutbundel van Instagram- en Facebook-digter, Kaalwoorde.

Kaalwoorde het tans sowat 42 000 volgelinge op Facebook en meer as 26 000 volgelinge op Instagram. Dit is deur Ané Kotzé gestig, wat die behoefte gehad het om haar woorde en gedagtes met die wêreld te deel en mense te wys dat hulle nie alleen is nie. Sy het ’n groot aanhang op sosiale media en het al saam met van Suid-Afrika se bekendste akteurs en musikante gewerk.

Die sukses van dié jong digter op sosiale media word toegeskryf aan haar toeganklikheid. Sy verwys na haar gedigte as bepeinsings oor gevoelens en gebeure, aansporings om te droom, en gedagtes wat ʼn positiewe invloed op die leser het.

Kosmos en komete fokus op fisieke en emosionele reise deur verskillende landskappe. Kaalwoorde se gedigte is romantiese mymeringe oor die skoonheid van eenvoudige dinge soos ’n veld vol kosmos, sowel as drome wat soos komete die ruimte ingestuur word. Die gedigte is toeganklik en juis gemik op lesers wat nie gewoonlik digbundels koop nie.

Prys: R200,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by 
Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.