Boek: Familie se strydgeskiedenis op skrif

Van Staden dubbel en dwars deur Peet van Staden, bied ʼn blik op die familiegeskiedenis van een van Suid-Afrika se ou families, die Van Stadens. Die boek is pas na vier dekades se navorsing voltooi.

Die titel verwys in besonder na die skrywer se dubbele verbintenis – van pa én ma se kant af – met die Van Stadens.

Die enkelinge wat plek-plek om oorlewing gevlug het, het aangegroei tot 27 000 lede in Suid-Afrika, 35% van hulle in Gauteng, 13% in die Wes-Kaap en 10% in Noordwes. Hulle vangenote kom in nóg 45 lande voor.

Van Staden, ook ʼn afgetrede joernalis, vertel dié familiegeskiedenis van vroegste aantekeninge in wat nou as België bekendstaan, deur 150 jaar se hoogte- en laagtepunte in Nederland en 330 jaar in Suid-Afrika.

Dit is die verhaal van ’n familie se stryd om voortbestaan teen die optrede van groot wêreldmagte en sodoende word dit meer as ’n blote familiegeskiedenis of ’n genealogiese verloop. Dit word die verhaal van ’n Suid-Afrikaanse mikrokosmos, van ’n gewone familie wat aan feitlik al die ander verwant raak, die geskiedenis gehelp maak en uiteindelik ook self deel van die geskiedenis geword het.

Van Staden dubbel en dwars kos R400 en is slegs beskikbaar per bestelling. Om die boek te koop stuur ʼn e-pos na Peet van Staden by [email protected] of skakel hom by 082 410 0329 om meer te wete te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Androclus

Is dit nou al die van Stadens ingesluit wit,bruin en swart?