Boek: Feestelike koekversiering

spook-koekversieringsDeur Marlene Cloete Marais

In Feestelike koekversiering wys sy hoe om suikerkaraktertjies te skep vir elke soort kuier. Die inspirasie vir Valentynsdag, ʼn damestee, mannepartytjie, kombuis- en ooievaarstee. Die Paaseierkarakters, Kersvadertoneeltjie en grillerige Halloweengoeters sal beslis as aansporing dien om hierdie feesgeleenthede spesiaal te maak en die prettige planne vir trou onthale sal sekerlik die skeppingsdrang laat ontwaak.

Marlene gee volledige aanwysings – met foto’s – vir koekstokkies (cake pops), kolwyntjies en ʼn koektop wat bo-op die groot koek of iewers op die tafel geplaas kan word. Die resepte, inligting oor die materiale wat gebruik word en wenke sorg dat selfs beginners die projekte kan baasraak.
As jy ooit lus was om jou hand aan suikerkuns te waag, sal Feestelike koekversiering jou help skep aan die fantasiewêreld.

Kinderpartytjiekolwyntjies sal as e-boek beskikbaar wees en word herverpak in twee kleiner goedkoper boekies, Partytjiekolwyntjies vir seuntjies en Partytjiekolwyntjie vir dogtertjies en sal April 2014 beskikbaar wees.

Oor die skrywer:
Marlene woon in Bloemfontein en dit is die bekroning van hierdie vlaktes wat die kunstenaar in haar laat ontwaak en sy wil graag hierdie talent wat die Vader aan haar gegee het ook met ander deel.

Haar vorige boek, Kinderpartytjiekolwyntjies (2012), se sukses het haar aangespoor om ʼn nuwe boek die lig te laat sien. Haar kolwyntjiekarakters word oral geëien met hulle kleurvolle en unieke karaktertrekke. Met liefde en passie het sy gereeld haar kennis van 46 handwerk-dissiplines oorgedra aan gretige leerders by die gemeenskapsentrum in Johannesburg, asook verskeie damesforums en kennisse. Vooraanstaande bakkerye maak gereeld van haar vernuf gebruik vir die skepping van versierings vir hulle top-kliënte.

Uitgewer: Lapa uitgewers
Prys: R189-95*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.