Boek: Feite en geite: seediere-reeks

Haai_gym_omslag_new

Aleksei Bitskoff en Camilla de la Bédoyére

In die Feite en geite: seediere-reeks verbeel ons onsself hoe seediere in allerhande alledaagse situasies sou optree. So leer kinders oor hul grootte, bou, dieet en ander gewoontes en word dit relevant gemaak tot hul alledaagse ondervindings.

Die boeke is humoristies en prettig om jong lesers te vermaak, maar sal hulle ook help om allerhande interessante feite oor seediere te verstaan en te onthou.

Die boeke is ʼn prettige inleiding tot die gewildste seediere met vriendelike en vrolike illustrasies wat sal byval vind by kinders.

Kan ’n haai gimnastiek doen?… En ander vrae
Sê nou ’n haai kom kuier… Braai vleis saam met ’n witdoodshaai en kyk hoe ski hy en doen gimnastiek. Jy sal sien hoe ontsaglik groot en sterk hy is, en hoe baie tande hy het!

Kan ’n seekat ’n wolkekrabber klim?… En ander vrae
Sê nou ’n seekat kom kuier… Kyk wat gebeur met Seekat wanneer sy dokter toe gaan, nuwe skoene koop en teen ’n wolkekrabber opklim. Jy sal verbaas wees oor hoe buigbaar, besig en briljant sy regtig is…

Kan ’n pikkewyn fietsry?… En ander vrae
Sê nou ’n pikkewyn kom kuier… Kyk wat gebeur met Pikkewyn wanneer hy sokker speel, vir aandete genooi word en probeer fietsry. Jy sal verbaas wees oor hoe vinnig, oulik en gulsig hy regtig is…

Kan ’n walvis maan toe swem?… En ander vrae
Sê nou ’n blouwalvis kom kuier… Kyk wat gebeur as Walvis wil sierswem, partytjie hou, wil oorslaap of probeer sing. Jy sal verbaas wees oor hoe groot, honger en atleties sy is…

Oor die outeur:
Aleksei Bitskoff woon en werk in Engeland. Een van sy prenteboeke het die derde prys verwerf vir die Macmillanprys en hy is benoem vir die Cheltenham Illustration Award.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R59.95 (vir elkeen van die boeke afsonderlik)*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.