Timo wonder wie die geheimsinnige inwoner op die boonste verdieping van hulle woonstelblok is. Wanneer hy gaan ondersoek instel, verander sy vervelige skoolvakansie skielik in ʼn groot avontuur. Hy maak kennis met Felina Kat, maar sy is geen gewone kat nie… Sy is ʼn geheime agent!
Speurder Skote Petoors het ʼn probleem. ʼn Kosbare blou diamantring is gesteel en daar is nog geen leidraad nie. Die Geheime Agent moet kom help. Sal Felina, Skote en Timo saam die skurke kan vastrek?
Felina Kat, geheime agent is deur Louise Smit geskryf met illustrasies deur Zinelda McDonald. Die boek het pas by NB-Uitgewers verskyn.
Oor die skrywer
Smit woon in Duitsland. Sy het bekendheid verwerf deur haar baie suksesvolle kinderprogramme vir radio en TV soos Wielie Walie, Haas Das se nuuskas, Pumpkin Patch, Kideo, Mina Moo en vele meer. Sy is ook die skrywer van Die Bybel vir kleuters en Professor Fossilus en die dinosourusse. Smit het verskeie plaaslike en internasionale toekennings vir haar werk verower, onder meer drie Artestoekennings, drie Star Tonight-toekennings, Prix Jeunesse en die Tokioprys.
Prys: R150,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke
Lekker! Afrikaans leef voort! Al sit jy in die buiteland hoef jy nie jou Afrikaner trots prys te gee nie. Welgedaan!