Boek: Flenters – Hoe omgee lewens kan verander

flentersdeur Lina du Plessis

Ons leef in ʼn stukkende gebroke wêreld. Maar selfs in hierdie wêreld is daar oral flentertjies vreugde, liefde, hoop en selfs geloof. Die sleutel is om te weet hoe om betrokke te raak en hoe om ʼn helpende hand uit te steek.
Volgens UNICEF en ander bronne is daar nagenoeg 2 miljoen weeskinders in Suid-Afrika, maar tussen April 2010 en Maart 2012 is slegs 2 013 kinders aangeneem. Daar word geskat dat daar is in 2015 ongeveer 5.2 miljoen vigswesies gaan wees. Dit is ʼn werklik probleem in ons land wat ons nie meer kan ignoreer nie.

Lina du Plessis is een van daardie juweelmense wie se vingerafdrukke lewenslank op jou hart rondlê. Van 2006 af is Lina betrokke by twee pleegsorghuise in Pretoria. Van 2009 tot onlangs woon sy as pleegouer in een van die huise. Flenters is ʼn versameling van Lina se belewenisse en verhale wat sy bymekaar gemaak het in die tyd wat sy by die versorging van weeskinders betrokke was. Hierdie kort sketse oor weeskinders en die vreugdes van pleegsorg word met humor en deernis vertel. Dit vertel vanuit verskillende hoeke aangrypende verhale van God se goedheid. Hierdie boek open nuwe vensters op God se genade wat die leser sprakeloos sal laat en hulle sal aanspoor om God op nuwe maniere aktief te begin dien.

Oor die outeur:
Lina du Plessis is seder 2007 ʼn medewerker van Stephan Joubert se Ekerk (www.ekerk.org). In 2002 het Lina Nehemia Koningkrykprojekte begin, ʼn bediening wat werkwinkels by kerke en Bybelskole aanbied oor die beplanning en bestuur van geloofaksies en bediening. Van 2006 af is Lina betrokke by twee pleegsorghuise in Pretoria. Van 2009 tot onlangs woon sy as pleegouer in een van die huise. Na aanleiding van haar ervaring as pleegouer, gee sy advies en opleiding aan mense wat pleegsorghuise wil begin. Die huise waarin sy gewoon het word as ʼn model vir pleegsorghuise beskou. Lina is ook die stigter van Tsoga Foundation met tot op hede vyf ondersteuningssentrums vir weeskinders en hul pleegouers. Lina het haar M.ed. – graad aan die Universiteit van Pretoria behaal. Besoek gerus www.tsoga.co.za

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R140-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.