Boek: ‘Floreer’ – Ilse Salzwedel

Ilse Salzwedel

Wat is die “iets” wat ’n mens laat opstaan as dit voel of die lewe jou asem uitgeslaan het? Ilse Salzwedel, bekende radiopersoonlikheid en joernalis, verduidelik dat veerkrag nie iets uitsonderliks is wat net sommige mense het nie. Ons almal word met dié vermoë gebore en ons kan ons eie veerkrag, soos ’n spier, oefen en uitbou. Sy bespreek vrae soos:

  • Wat is die eienskappe van veerkragtige mense?
  • Hoe kan ek meer veerkragtig word?
  • Wat tap my veerkragtigheid, wat ek eerder moet vermy?

Aan die hand van haar eie lewe en dié van bekendes soos Raymond Ackerman, Yolande Korkie en Vanessa Goosen wys Salzwedel dat veerkragtigheid vir elkeen van ons beskore is.

Jy kán floreer!

Oor die skrywer

Salzwedel is ʼn joernalis en skrywer van Johannesburg. Daar het al verskeie boeke uit haar pen verskyn: Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee, Bloedsusters, Onvertelde stories van Afrikaans, Selna Visser: My hel in DubaiBlood Sisters en Van sprokie tot tragedie in die kollig. Sy is die vertaler van Dwelmslagoffer: Die Vanessa Goosen-verhaal. Salzwedel is onder meer bekroon met ʼn ATKVeertjie, ʼn Pica en drie Caxton-toekennings, en is in 2009 deur die FAK vereer met die HB Thom-toekenning vir ʼn besondere bydrae tot die Afrikaanse joernalistiek. Sy is bekend vir haar weeklikse program Skrywers en boeke wat op RSG uitgesaai word.

Prys: R240,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.