Boek: Fransjohan Pretorius se rubrieke oor geskiedenis van SA

Fransjohan Pretorius 

Terugblik 2 – Nog 80 sketse van ons geskiedenis is die tweede versameling van prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van die vroegste tye tot taamlik onlangs wat in die dagblad Beeld verskyn het.

In dié boek maak lesers kennis met nog helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort. Dit is boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis asook ʼn paar minder bekendes, nietemin ewe interessante gebeure.

Oor die skrywer

Pretorius is ʼn emeritus-professor van die Departement Historiese en Erfenisstudies by die Universiteit van Pretoria. Met sy talryke gewilde publikasies het hy bekend geraak as ʼn historikus wat daarin slaag om geskiedenis toeganklik vir gewone lesers te maak. Naas verskeie bekronings vir sy publikasies oor die Anglo-Boereoorlog is hy in 2019 met die Jan H Marais-prys vereer vir sy uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskaptaal.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R240,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.