Boek: Gaan Suid-Afrika oukei wees?

Jan-Jan Joubert

In Suid-Afrika, so word gesê, gebeur die beste en die slegste nooit nie. Maar hoe weet ons die land gaan nie dié keer oor die afgrond tuimel nie?

Suid-Afrikaners wat keelvol is vir korrupsie – maar lief vir die land – het byna ’n dekade lank hoopvol daarna uitgesien dat Jacob Zuma uit die kussings gelig word. Nou is Cyril Ramaphosa aan die stuur, maar steeds lyk die toekoms onseker.

Sedert Ramaphosa die Uniegebou betrek het, het die werkloosheidskoers die hoogte ingeskiet. Die ekonomie groei nie. Met Eskom wat net-net die ligte kan aanhou, populisme wat wyd kop uitsteek en die beoogde nasionale gesondheidsversekering, soek al meer Suid-Afrikaners hul heil in die buiteland.

Gaan ons dié keer oor die afgrond stort, of is daar hoop? Gaan ons oukei wees?

Die gesoute politieke joernalis Jan-Jan Joubert kyk na die brandende kwessies wat ons lot kan bepaal. Gaan Suid-Afrika oukei wees? is noodsaaklike leesstof vir elke Suid-Afrikaner wat ingelig wil wees en omgee oor die land se toekoms.

Oor die outeur

Jan-Jan Joubert is ‘n skrywer, joernalis en politieke kommentator. Sedert 2001 het hy vir verskeie publikasies en nuusplatforms uit die parlement berig. Hy was voorheen politieke redakteur by Die Burger, Beeld en Rapport, asook parlementêre burohoof van die Sunday Times. Gaan Suid-Afrika oukei wees? is sy tweede boek. Hy woon in Kaapstad.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R290-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Thys ·

As ek kyk na die kommentare van lesers wat hy op nw24 kwytraak, gaan die boek nie verkoop nie

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.